Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met 'n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én 'n stiefpa ryker. En asof dit...
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
11.49 €
5 DeutschlandCard Punkte sammeln
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) (ePub)“
Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met 'n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én 'n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op "wittebrood" moet gaan - om mekaar beter te leer ken.
Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat 'n leesgids met
. inligting oor die skrywer
. 'n inleiding tot die roman
. literêre begrippe
. hoofstukopsommings en woordelyste
. vrae en antwoorde
. assesseringsriglyne
Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat 'n leesgids met
. inligting oor die skrywer
. 'n inleiding tot die roman
. literêre begrippe
. hoofstukopsommings en woordelyste
. vrae en antwoorde
. assesseringsriglyne
Autoren-Porträt von Marita van der Vyver
Marita van der Vyver is die skrywer van 'n verskeidenheid boeke vir volwassenes en kinders. Sy is in Kaapstad gebore, was op laerskool in Bellville en op hoërskool in Menlopark en Nelspruit. In haar matriekjaar, die Afrikaanse Eeufeesjaar in 1975, wen sy 'n landwye digkunswedstryd vir hoërskoolleerlinge. Die prys is 'n studiebeurs vir vier jaar aan die universiteit van haar keuse. Sy gaan na Stellenbosch, waar sy in 1978 'n B.A. En in 1979 'n honneursgraad (cum laude) in joernalistiek verwerf. 'n Paar jaar later, as deeltydse student, behaal sy 'n meestersgraad in joernalistiek met 'n tesis oor die vrou in die Afrikaanse pers. Sy werk as joernalis by Die Burger en Sarie totdat sy in 1987 die vryskutlewe aanpak. Sy debuteer in 1982 met die kinderboek Van jou jas, maar dis haar eerste boek vir volwassenes, die opspraakwekkende Griet skryf 'n sprokie in 1992, wat 'n blitsverkoper is en vele herdrukke beleef. Die roman is met die M-Net-prys, ATKV-prys en die Eugène Marais-prys bekroon.Vir haar kinder- en jeugboeke word sy onder meer met die Tienie Holloway-medalje, die MER-prys en die Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon. Sedert 1999 woon Marita saam met haar Franse man, Alain, en vier kinders op die Franse platteland.
Bibliographische Angaben
- Autor: Marita van der Vyver
- Altersempfehlung: 16 - 18 Jahre
- 2008, 1. Auflage, 278 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Tafelberg
- ISBN-10: 0624067297
- ISBN-13: 9780624067290
- Erscheinungsdatum: 01.01.2008
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 0.33 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)"
0 Gebrauchte Artikel zu „Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)“
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)".
Kommentar verfassen