Hoeveel tande het 'n engel? (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
"Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso." Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. "Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet."
Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat...
Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat...
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
9.49 €
4 DeutschlandCard Punkte sammeln
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Hoeveel tande het 'n engel? (ePub)“
"Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso." Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. "Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet."
Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar 'n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir 'n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie ...
Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; 'n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie 'n straf is nie. En oor engele.
Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?

Autoren-Porträt von Jan Vermeulen
Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 'n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy 'n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en 'n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.
Bibliographische Angaben
- Autor: Jan Vermeulen
- Altersempfehlung: 13 - 17 Jahre
- 2022, 1. Auflage, 200 Seiten, Afrikaans
- Verlag: LAPA Publishers
- ISBN-10: 1776351509
- ISBN-13: 9781776351503
- Erscheinungsdatum: 01.07.2022
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 1.95 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Hoeveel tande het 'n engel?"
0 Gebrauchte Artikel zu „Hoeveel tande het 'n engel?“
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Hoeveel tande het 'n engel?".
Kommentar verfassen