Saam (ePub)
n eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskapsresepte
(Sprache: Afrikaans)
SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word. Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is...
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
15.49 €
7 DeutschlandCard Punkte sammeln
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Saam (ePub)“
SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word. Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm 'n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings. In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is 'n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in 'n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het - die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester. Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.
Autoren-Porträt von Errieda du Toit
Die Kapenaar Errieda du Toit, skrywer van nege kookboeke, is bekend vir haar moderne uitkyk op resepte van gister. Sy glo dat eet iets is om saam met ander te doen en kos op sy lekkerste is as dit gedeel word. Daarom stel sy intens belang in kos se sosiale rol, hoe dit ons nader aan ander mense en onsself bring. Die jare as radiopersoonlikheid, haar kosrubrieke in koerante en tydskrifte, gereelde kospraatjies en televisieoptredes dra ook daartoe by dat Errieda as beskermengel vir Suid-Afrikaanse huiskos bestempel word. As die kos-inhoudsvervaardiger van die Kokkedoor-televisiereekse op KykNET lewer sy 'n groot bydrae om erfeniskos en tafeltradisies op te vars. Die kosstories op haar blog Huiskok voer jou mee na eetervarings van kinderdae en resepte uit vorige geslagte wat vandag nog 'n plek aan tafel het.
Bibliographische Angaben
- Autor: Errieda du Toit
- 2019, 1. Auflage, 192 Seiten, Afrikaans
- Verlag: Penguin Random House South Africa
- ISBN-10: 143231002X
- ISBN-13: 9781432310028
- Erscheinungsdatum: 01.10.2019
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 182 MB
- Mit Kopierschutz
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Kommentar zu "Saam"
0 Gebrauchte Artikel zu „Saam“
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Saam".
Kommentar verfassen