Van Afrikaans gepraat / LAPA Publishers (ePub)
(Sprache: Afrikaans)
'n Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan Van Afrikaans gepraat 'n splinternuwe boek deur Christo van Rensburg is nou te koop. Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Hoe het die Khoi en die Portugese...
sofort als Download lieferbar
eBook (ePub)
12.49 €
6 DeutschlandCard Punkte sammeln
- Lastschrift, Kreditkarte, Paypal, Rechnung
- Kostenloser tolino webreader
Produktdetails
Produktinformationen zu „Van Afrikaans gepraat / LAPA Publishers (ePub)“
'n Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan Van Afrikaans gepraat 'n splinternuwe boek deur Christo van Rensburg is nou te koop. Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf? Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans? Wat is die invloed van townships op Afrikaans? Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het of selfs ook die vrees vir taalkontak is een van Afrikaans se belangrike stories. Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard. Van Afrikaans gepraat is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans. Die boeke is moontlik gemaak deur 'n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is 'n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei. Oor Van Rensburg se vorige boek So kry ons Afrikaans het Dr. Willa Boezak gesê: "Dit het my lewer verander. Dit het van my 'n taalaktivis gemaak." Die ATR die Afrikaanse Taalmuseum en -Monument en Die Erfenisstigting werk aktief mee om hierdie boek te bemark. Die boek kom ook gereeld ter sprake by taalsimposia van die ATKV en DAK. Ook in Nederland is daar groot belangstelling en die Engelse vertaling prikkel belangstelling onder sosiolinguiste van verskillende kontinente.
Autoren-Porträt von Christo van Rensburg
Christo van Rensburg was dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria toe hy begin belangstel in die dialekte van Afrikaans. Wat word vertel van die vorming van Afrikaans? Hy het verskeie navorsingsondersoeke uitgevoer op soek na 'n antwoord, onder andere 'n omvattende ondersoek oor die Afrikaans van die Griekwas. Later het hy departementshoof geword van die departemente Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria, asook direkteur van die Eenheid vir die Ontwikkeling van Taalvaardigheid. Hy doen steeds navorsing oor die wortels van Afrikaans, waaroor hy publiseer en lesings lewer.
Bibliographische Angaben
- Autor: Christo van Rensburg
- 2018, 156 Seiten, Afrikaans
- Verlag: LAPA Publishers
- ISBN-10: 0799384801
- ISBN-13: 9780799384802
- Erscheinungsdatum: 01.11.2018
Abhängig von Bildschirmgröße und eingestellter Schriftgröße kann die Seitenzahl auf Ihrem Lesegerät variieren.
eBook Informationen
- Dateiformat: ePub
- Größe: 0.81 MB
- Mit Kopierschutz
- Vorlesefunktion
Sprache:
Afrikaans
Kopierschutz
Dieses eBook können Sie uneingeschränkt auf allen Geräten der tolino Familie lesen. Zum Lesen auf sonstigen eReadern und am PC benötigen Sie eine Adobe ID.
Family Sharing
eBooks und Audiobooks (Hörbuch-Downloads) mit der Familie teilen und gemeinsam genießen. Mehr Infos hier.
Kommentar zu "Van Afrikaans gepraat / LAPA Publishers"
0 Gebrauchte Artikel zu „Van Afrikaans gepraat / LAPA Publishers“
Zustand | Preis | Porto | Zahlung | Verkäufer | Rating |
---|
Schreiben Sie einen Kommentar zu "Van Afrikaans gepraat / LAPA Publishers".
Kommentar verfassen